Protea boekhuis se webblad. 11 Augustus 2006

“Met ander woorde” is myns insiens, die beste tot op hede uit die pen van hierdie oud-bolander. In hierdie roman, pas Adriaanse haar Sielkundekennis toe wanneer Kristina nie die aand huis toe kom nadat sy gaan draf het nie. Wanneer sy uiteindelik opgespoor word, merk haar vriende dat sy ‘n drastiese persoonlikheidsverandering ondergaan het. Die hulp van ‘n Stellenbosse psigiater word ingeroep en die lewenspaadjie van Kristina word onherroeplik verander.