Vier seisoene kind

Flapteks:

“Weduwee” is ‘n verdrietige woord, ‘n toestand waarmee Cato haarself met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ‘n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Helen en Marcus net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk.

In Stellenbosch wag nie net haar vriende op haar nie, maar ook die gewilde Big Pink- teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om ‘n onderneming te koop, weet sy nie, en wens dit was net ‘n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…

Lesers Kommentaar:

“Baie dankie vir die puik boeke: Met ander woorde, Vier seisoene kind en Boek van Ester het ek al almal twee keer gelees (dit is ‘n eerste vir my). Elke keer geniet ek dit – tone krul materiaal! Ek glo almal wil weet: “Wat is volgende?”

“Ek het nie gedink daar is ‘n beter boek as Met ander woorde nie, maar toe oortref jy jouself met Rebecca en Vier seisoene kind. Maar as ek eerlik moet wees, ek is versot op Rebecca! Moet asseblief nooit ophou skryf nie.”

“Ek wil net sê: Vier seisoene kind is een van die mooiste boeke wat ek al gelees het!”

“Ek kon Vier seisoene kind nie neersit nie.”