Rebecca:

rebecca_1_300.jpg

Flapteks:

Op vyf en twintig is Rebecca Fagan in besit van ‘n regsgraad, ‘n rugsak, ‘n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ‘n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy ‘n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek ‘n “regte” werk. Verkieslik een wat opwindend is en ‘n groot salaris betaal.

Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na ‘n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen. Maak nie saak dat die pos nooit in ‘n koerant geadverteer is nie. Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Resensies:

Hier is ‘n liplek-lekker resep vir ‘n liefdesverhaal, maar met ‘n paar kinkels.”

- Huisgenoot Maart 2005.

Rebecca is die lekkerste soort storie wat ‘n mens kan kry. Dis Pretty Woman in Afrikaans. Net nog baie beter…”

- Leserskring

Lesers kommentaar:

“Ek sukkel vandag om my oë oop te hou…het gisternag tot 03h00 aan Rebecca gelees. Kon dit nie neersit nie.”

“Ek kon Rebecca nie neersit nie. Kan nie wag vir die volgende boek nie.”