Omnibus 2:

Flapteks:

Heildronk op die liefde:

Nicolene du Toit kom van Londen af, waar sy as sjef werksaam is, vir haar suster, Karen, se troue. Haar jeugvriend, Jaques Roux gaan haal haar op die lughawe en bring haar huistoe, waar haar ouers en die res van die familie al druk besig is met die voorbereiding vir die troue. Nicolene is bly dat sy ‘n paar dae het om alleen met haar familie te kuier, voordat Andrew, die Engelsman met wie sy ‘n verhouding het, in die Kaap aanland. Intussen ontmoet sy Jaques se nuwe meisie, Mariaan, oor wie daar bespiegel word dat sy binnekort saam met Jaques voor die kansel gaan staan.

Die twee buurfamilies het nog altyd gehoop daar sal darem ten minste een oor-en-weer troue wees, maar met net Jaques en Nicolene oor, lyk die kanse maar skraal, want Nicolene het haar lankal voorgeneem om nie een van Jaques se vele bewonderaars te word nie. Sy het deur die jare te veel gebroke harte gesien. Maar dis maklik om weer in hulle ou patroon te verval en die paar dae voor die troue word daar lustig gekuier en betrap sy haarself dat sy soms oor hulle twee wonder en toe hy haar een môre die resourasie-planne vir die ou stalle wys en haar uitnooi om ‘n restourant daar oop te maak as die Engelse die dag moeg word vir haar kos, begin sy onnodige vergesigte sien. En teen die tyd dat Andrew op die plaas aankom, is sy van min dinge meer seker, behalwe dat sy van Jaques af moet wegbly.

Serenade vir ‘n nagtegaal:

Na vyf jaar se harde werk is Ann eindelik klaar met haar musiekstudie. Sang is haar hele bestaan en Carl, haar sangdosent, die liefde in haar lewe. Haar ouers se geskenk aan haar – ‘n twee weke lange Europese toer na Parys, Switserland en Italië – kon egter nie op ‘n meer ongeleë tyd gekom het nie. Dis dan kort voor die Kersuitvoering waarvoor sy so lank voorberei het. Carl verbreek summier die verhouding en Ann vertrek op reis met ‘n gebroke hart.

Sy is nie lus vir die klomp vreemde ‘karakters’ op die toer nie en weet nie hoe sy die twee weke gaan oorleef nie.

Om alles te kroon is daar ‘n ‘perdedokter’ op die Suidooster-toer wat haar letterlik oor haar eie voete laat struikel en g’n greintjie deernis toon vir haar gekneusde ego nie. Verder

Hande wat heelmaak:

Nadat sy twee jaar in Engeland gewerk het, keer Libby Malherbe terug na haar pos as fisioterapeut op haar tuisdorp. Sy trek weer by haar ouers op die kleinhoewe in, waar haar ma ‘n perdry-skool behartig. Een van haar eerste pasiënte is die vyfjarige Nikolai, wat met ‘n gebreekte been in die hospitaal lê. Sy kan dalk help om sy kinderlyf weer heel te maak, maar sy weet nie of sy opgewasse is vir die hartseer in sy oë nie. Sy ouers het verongeluk en hy is nou in die sorg van sy oom, die nuwe ortopeed en haar ouers se buurman. Andrew sukkel nog om gewoond te raak aan sy verantwoordelikheid as pa én aan die nuwe omgewing. Libby ervaar hom as stug en afgetrokke en beslis nie die laggende student oor wie sy as tiener drome gedroom het nie.