Met ander woorde

woorde_1_300.jpg

Flapteks:

Toe Kristina een aand nie huis toe kom nadat sy gaan draf het nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure onder ‘n bos teen die berg. Sy is by haar bewussyn, maar kan glad nie onthou wat met haar gebeur het nie. Daar is ook geen logiese verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy sedertdien ondergaan het nie, en ten einde raad word die hulp van ‘n psigiater ingeroep.

Ben Krige het ‘n praktyk en kliniek op Stellenbosch, en wanneer Kristina oorkant hom plaasneem, is sy vir hom soos ‘n labarint – vreemd en onbekend. Al wat hulle het is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af, en uiteindelik bring die pad hulle by ‘n bestemming uit – al lyk ‘n bestemming soms anders as wat ‘n mens jou voorgestel het…

Lesers kommentaar:

“Ek kan nie vir jou sê hoeveel plesier ek uit Rebecca en Met Ander Woorde gekry het nie.”

“En toe ek Met Ander Woorde klaar gelees het, het ek ‘n nag geslaap en die volgende dag die boek weer gelees.”

“Met Ander Woorde het vir my die antwoord gebring op ‘n belangrike lewensvraag.”