Die boek van Ester:

ester_2_300.jpg

Flapteks:

Politieke fotojoernalis Ester Green het in ‘n huis grootgeword waar sy geleer het die pen is ‘n magtige wapen. Maar alles waarin sy glo, word in een aand omvergewerp wanneer haar ouers doodgeskiet word. Ester pak haar tasse en trek Londen toe waar sy ‘n vryskut mode-fotograaf word. Sy verander haar klere, haar haarstyl. Haar leefwyse…en beplan om nooit weer voete op die vasteland van Afrika te sit nie.

Maar twee jaar later bevind sy haar terug in Suid Afrika, en in die Laeveld ontmoet sy vir Samuel Mcgreggor, wat betrokke is by ‘n verskeidenheid bewaringsorganisasies. Hy is onlosmaaklik deel van die vasteland en glo dat daar genoeg mense is wat ‘n verskil wil maak.

Kommentaar:

“Die Boek van Ester se karakters lewe.”

“Was spyt toe Die Boek van Ester klaar was. Wou nog bietjie langer saam in haar lewe kuier. Emosies en omgewing is met pragtige detail beskryf.”

“Kon Die Boek van Ester nie neersit voor die laaste sin nie. Ek is mal oor Ester en kon nie genoeg van Moses se mooi woorde kry nie. Dis wonderlik as ‘n boek ‘n mens op so ‘n reis neem.”

“Het Ester gedurende my vakansie gelees. Sjoe, wat ‘n belewenis. Baie dankie vir die blootstelling aan Afrika.”