Coffee Conversations

aug09_ameliabwilnaaameliadm.jpg

Wilna was verlede week ‘n spreker by ‘n Coffee Conversations geleentheid in Durbanville. Hierdie byeenkomste word deur Wordworx en Loud Advertising gereël. Wilna het die oggend oor die geneeskrag van stories gepraat. Op die foto is sy saam met Amelia Burger en Amelia de Milander, albei van Wordworx.


Boek van Ester finalis in ATKV Woordveertjie

woordfeertjie.jpg

Die Boek van Ester is ‘n finalis in Lapa uitgewers se Woordveertjie kompetisie. Die pryswenners word op Vrydag 11 Sept by ‘n spoggeleentheid buite Stellenbosch aangewys.


NB stel Wilna Adriaanse-omnibus vry

omnibus200.jpg

Nb-uitgewers het besluit om drie van Wilna se romanses in ‘n Omnibus saam te voeg en die boek behoort later vanjaar op die rakke te wees. Hou die webwerf dop vir verdere inligting.


Boek van Ester vir M-Net Literêre Toekennings benoem

m-net-logo.jpg

Wilna se nuwe boek, Die Boek van Ester, is op die kortlys vir 2009 se M-Net Literêre Toekennings in die Afrikaanse-kategorie, Film.
In dié nuwe kategorie identifiseer die beoordelaars romans wat potensiaal het vir die ontwikkeling in draaiboeke wat deur M-Net vir TV geproduseer kan word.

Vir nog inligting besoek hierdie webblad


Wilna by Protea Boekwinkel

woordfees.jpg

Op 14 Maart was Wilna by die Protea Boekwinkel op Stellenbosch in gesprek met haar uitgewer, Etienne Bloemhof, as deel van die Woordfees program.


Wilna by Graffiti se “Boek en Koek”

grafitti.jpg

Die bekende Graffiti boekwinkel in die Kollonde winkelsentrum in Pretoria het Wilna genooi om op Woensdag 25 Februarie die spreker by hulle gewilde “Boek & Koek” oggend te wees.

Sien Fotos


Wilna op Reise en Soetkyse

soetkyse200.jpg

Dinsdag 24 Februarie was Wilna in Pretoria vir die opname van die reisprogram, Reise en Soetkyse.


Wilna op Kwêla

kwla.jpg

Op 10 Februarie 2009 was Wilna ‘n gas op die gewilde KykNET televisieprogram, Kwêla, waar die aanbieder, Coenie de Villiers met haar oor haar skryfwerk gesels het.


Exclusive Books bekendstelling van “Die Boek van Ester”

wilna_boeketoer200.jpg

Die bekendstelling van Die Boek van Ester het op 6 November 2008 by Exclusive Books in Tygervallei winkelsentrum plaasgevind.

Sien fotos

Categories


Archives