Volksbladfees: Bloemfontein


Goeie nuus vir die lesers in die binneland en feesgangers.
Op Vrydag 9 Julie om 08h30 gaan daar ‘n bekendstellingsgeleentheid wees van Wilna se nuwe boek: VIER SEISOENE KIND.
Hou die webwerf of die amptelike feesprogram dop vir aanwysings, maar maak solank ‘n aantekening en kom kuier daardie oggend saam met haar by die fees.


Nuwe boek


Vier seisoene kind, die langverwagte nuwe boek, is uiteindelik hier en behoort binne die volgende twee weke landwyd by boekwinkels beskikbaar wees.


Openbare optredes gedurende Maart 2010

Maart is ‘n besige maand met heelwat optredes in die Skiereiland:

Donderdag 11 Maart: Die Tygerberg sirkel van die VLV bied hulle 43 ste Konferensie aan en vier terselfdertyd die tak se 75 ste bestaansjaar. Die tema is Reik na die Sterre en Wilna is die gasspreker by die geleentheid.

Donderdag 18 Maart: Wilna gesels oor boeke en stories by die Rosendal Food and Art galery in Durbanville. Lesers is welkom by die geleentheid en kan plek bespreek by 021-976 0719. Dit begin 18h00 vir 19h00.

Woensdag 24 Maart: Dis biblioteekweek en Wilna gaan met lesers by die Goodwood Biblioteek gesels. Die geleentheid begin om 10h30 in die biblioteek. Almal is welkom.

Donderdag 25 Maart: Wilna praat om 10h00 by Durbanville se biblioteek. Dit word in die biblioteeksaal aangebied en almal is welkom.

Fotograaf: Michael Hammond


Nuwe boek

Nuwe boek.
‘Vier seisoene kind.’
Hierdie nuwe boek behoort teen die 20 ste April in die boekwinkels beskikbaar te wees.
Die verhaal gaan oor Cato,een van die karakters uit die boek, Met ander woorde. Vyf jaar het verloop sedert die drie vriendinne hulle studies voltooi het en almal se lewens het al ‘n paar onverwagte draaie geloop.


Boekemakranka se Top 100 leeslys vir 2009

Die virtuele leeskring, Boekemakranka, se top 100 Afrikaanse boeke vir 2009 is so pas aangewys. Lesers stem self om boeke op hierdie lys te kry. Dit sluit alle Afrikaanse boeke in.
Twee van Wilna se boeke het die lys gehaal. “Die Boek van Ester” is nommer 26 en “Met ander woorde” nommer 77.


Rebecca

Uiteindelik, na baie versoeke, is Rebecca herdruk en behoort gedurende die laaste week van Oktober landwyd in boekwinkels beskikbaar te wees.


SkryfNet-aanlynskryfskool

Wilna is een van SkryfNet-se inwonende skrywers vir die volgende prosa aanlynskryfskool. Vyf skrywers se kortverhale gaan oor die volgende drie maande op Litnet bespreek word. Die verhale en eerste verslae deur Wilna en Chanette Paul behoort teen middel November op Litnet beskikbaar te wees. Gaan lees gerus en laat weet wat julle dink.


Sarie 40 Flitsverhale

17379sarie204020flitsverhale20big.jpg

n Flitsverhaal deur Wilna, “Fia, die formidabele”, wat in die tydskrif Sarie verskyn het, is een van 40 flitsverhale wat in ‘n bundel opgeneem is en pas deur Human en Rousseau uitgegee is. Die bundel se titel is, “Sarie 40 Flitsverhale” en is landwyd by boekwinkels beskikbaar.


Die Boek van Ester wen ATKV-Veertjie

wilna_adriaanse_atkv_veertjie_oorhandiging_200.jpg

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners is die ontvangers van
vanjaar se ATKV-Woordveertjies op Vrydag, 11 September by MolenVliet, net buite
Stellenbosch, aangewys.

Wilna Adriaanse ontvang die Prys vir Liefdesroman vir Die boek van Ester (Tafelberg).
Hierdie boek word deur die beoordelaars as eg Suid-Afrikaans beskryf, besonder boeiend en
gewoon net ’n meesleurende leesplesier.

Kliek hier vir fotos.
Kliek hier om LitNET se fotos te sien.


Die eerste Wilna Adriaanse omnibus vrygestel

omnibus200.jpg

Wilna se eerste Omnibus het so pas verskyn en is landwyd by boekwinkels beskikbaar.

Die omnibus bevat drie van haar vroeëre romanses, nl: “‘n Ongewone belegging”, “Alleenvlug” en “Die reuk van verlange.”

Kliek hier om meer te lees.

Categories


Archives