Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor n politieke bestel of n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

Die lang verwagte nuwe boek, Dubbelspel, is nou landswyd by boekwinkels beskikbaar of kan aanlyn by Amazon, Kalahari of Exclusic Books bestel word. Die E-boek is ook beskikbaar.