Wilna se boek, “Vier seisoene kind” (Tafelberg) het Vrydagaand 6 September 2011 op ‘n geselligheid buite Stellenbosch ‘n ATKV-Woordveertjie ontvang toe dit aangewys is as die beste Liefdesroman.

Die beoordelaars, Leti Kleyn, Elize Parker en Ilse Salzwedel, is van mening dat dit nie ’n tree hoef terug te staan vir inter­nasionale werk in dié genre nie.