March 26th, 2012
|

Wilna het onlangs haar Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns onder leiding van prof. Etienne van Heerden by die Universiteit van Kaapstad verwerf. Die boek wat sy vir hierdie kursus voltooi het, ‘n Klein lewe, word vroeg in Junie vrygestel.
Kliek hier vir ‘n voorsmakie.
September 14th, 2011
|
5 SKRYWERS KUIER IN DIE BAINSVLEI-BIB
JACO JACOBS, LOUIS BOTHMA, HANNES HAASBROEK en MARGIE VAN TONDER van Bloemfontein kuier saam met WILNA ADRIAANSE van Kaapstad, die Mangaung-biblioteekdienste en die ATKV in die Bainsvlei-biblioteek in Bloemfontein tydens ‘n heerlike boekeoggend. Die geleentheid is gratis en boeke word verkoop.
Dinsdag 20 September, 10:00
Bainsvlei-biblioteek, Bloemfontein.
Bespreek voor 9 September by Karien by 051 446 3180 of skakel Rina by 051-411-1005 .
September 14th, 2011
|
Wilna se boek, “Vier seisoene kind” (Tafelberg) het Vrydagaand 6 September 2011 op ‘n geselligheid buite Stellenbosch ‘n ATKV-Woordveertjie ontvang toe dit aangewys is as die beste Liefdesroman.
Die beoordelaars, Leti Kleyn, Elize Parker en Ilse Salzwedel, is van mening dat dit nie ’n tree hoef terug te staan vir internasionale werk in dié genre nie.
June 20th, 2011
|
Wilna bied op 11 Julie ‘n skryfwerkswinkel by die Vryfees in Bloemfontein aan. Sien besonderhede hier onder. Besprekings kan by Computicket gedoen word.
Vryfees: (Persverklaring)
Slypskool Vir Voornemende Skrywers Datum: 11 Julie, 08:30 – 12h30
Plek: NALN (Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum) Parkeer in Elizabethstraat; motorwag aan diens om voertuie op te pas.
Prys: R150 (Ligte middagete en tee ingesluit)
Wilna Adriaanse, bekroonde skrywer met meer as 13 boeke op haar kerfstok sedert sy in 2000 begin publiseer het, rig voornemende skrywers in oor populêre skryf, gesels oor elemente van ’n goeie boek, gee skryfwenke en praktiese oefeninge.
June 9th, 2011
|
Hierdie omnibus sal teen September 2011 by toonaangewende boekwinkels beskikbaar wees. Die boek bevat drie van Wilna se vroeëre romanses en beloof om, soos die vorige twee, ook ‘n blitsverkoper te wees.
Die wingerd sal weer bot: Juliétte bly aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Hy was destyds gekant teen sy broer se huwelik met haar en sy gaan nie maklik vergeet wat hy alles oor haar kwytgeraak het nie. Sy sal verkies om op te pak en terug na haar vaderland toe te gaan, maar ongelukkig het haar kinders geen ander familie nie. Dit wil ook voorkom of niemand op die plaas dit vir haar makliker gaan maak nie, Conrad inkluis.
Liefde is ’n kleur: Emma sukkel lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie saam met vriende in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie. ‘n Mens is nie veronderstel om ‘n ou liefde raak te loop wanneer jy nie op jou beste lyk en voel nie. Haar verlore bagasie moes haar al gewaarsku het dit gaan nie ‘n maklike vakansie wees nie. Maar hoog bo in die dakkamer, met die uitsig oor die wit sneeupieke, begin sy tog stadigaan weer kleur sien. As sy net nie daardie vakansie tien jaar gelede so helder onthou het nie.
Brug van woorde: Magriet is ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan …
September 15th, 2010
|
30 September 2010
Wilna is die spreker by ‘n boekegeselligheid.
Tyd: 19h00
Kontak biblioteek vir meer besonderhede.
September 15th, 2010
|
30 September 2010
Wilna bring die oggend ‘n besoek aan die bekende en gewilde boekwinkel en sal ‘n gas wees by die Boek-en-Koek geleentheid waar Mariel le Roux oor haar nuwe boek gaan gesels.
September 15th, 2010
|
29 September 2010
Wilna deel die boekeverhoog met Christine Barkhuizen-le Roux en Mariel le Roux.
Hulle gaan met mekaar oor hulle nuutste boeke en hul skryfwerk gesels.
Tyd: 13h00
Plek: Rapport Boeke-verhoog
September 15th, 2010
|
24 September 2010
Skrywersgesprek met middagete tydens Cultivaria.
Tema: Moet Skrywers skryf wat lesers wil lees.
Sprekers: Wilna Adriaanse, Carina Diedericks-Hugo, Elize Parker.
Gespreksleier: Madri Victor
Plek: Rodeberg Lodge, Hoofweg, Paarl.
Navrae en besprekings: 021 8633 202 / info@rodeberglodge.co.za
Prys: R 120.00